SA se versekeringskema kan nie die jaar ingestel word nie

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê hy sien nie hoe die Nasionale Gesondheids-versekeringskema nog vanjaar ingestel kan word nie. Nicholas Crisp van die gesondheidsdepartement het vroeër die week gesê hulle gaan volstoom voort met planne om die skema teen die einde van die jaar te implementeer. Die vereniging se voorsitter, Angelique Coetzee, sê daar is te veel struikelblokke wat oorkom moet word voor die instelling van die skema: