SA se staatsondernemings presteer uiters swak

Die helfte van Suid-Afrika se 26 staatsbeheerde ondernemings het verlede jaar verliese gely terwyl agt van die winsgewende ondernemings se winste gedaal het. Dit is volgens ‘n Moneyweb-verslag wat sê Eskom, die SABC, Denel en die Landbank het almal reuseverliese gely. PetroSA het ‘n verlies van bykans 5,6 miljard Namibiese dollar gely vergeleke met ‘n verlies van net minder as 2,1 miljard die vorige jaar. Denel se verliese het tot byna 2 miljard gestyg en die Landbank se verlies tot 2,1 miljard. Die verslag sê die finansiële verslae toon dat verskeie van die 26 groter staatsondernemings op die rand van ineenstorting is.