SA se plaaslike verkiesings: groot partye sal steun verloor

Ontleders in Suid-Afrika meen die uitslag van die plaaslike regeringsverkiesing op 1 November is meer onvoorspelbaar as enige ander verkiesing wat sedert 1994 plaasgevind het, maar die groter partye sal na verwagting die meeste steun verloor. Kiesers het vyf jaar gelede laas rade verkies vir die distrikte, metropolitaanse en plaaslike munisipaliteite in elk van die land se nege provinsies. Die bekende politieke ontleder, Daniel Silke, sê daar is baie redes waarom die ANC en in ‘n mate ook die DA waarskynlik stemme gaan verloor:

Hy voorspel meer koalisies omdat kleiner partye meer stemme kry, en waarsku dit kan regering bemoeilik: