SA se pedriatiese vereniging steun inenting van tieners

Die Suid-Afrikaanse Pediatriese Vereniging sê hy steun ten volle die regering se besluit om van môre af met die inenting van kinders tussen die ouderdom van 12 en 17 jaar te begin. Dié ouderdomsgroep sal vir nou eers net een dosis van die Pfizer Covid-19-entstof ontvang. Suid-Afrikaanse tieners verteenwoordig sowat 11 persent van die bevolking. Mignon McCulloch van die vereniging sê dit is belangrik om tieners in te ent want dit verminder die risiko van hospitalisering weens Covid-19-verwante siektes:

McCulloch sê intussen hulle moedig gesonde gesprekke oor die Covid-19-entstof tussen ouers, voogde en kinders aan: