SA se paspoorte duurder, mense wat reis kan dit bekostig

Die buurland se departement van binnelandse sake sê mense wat buite Suid-Afrika reis, kan dit bekostig en hulle hoef nie gesubsidieer te word soos die regering tans doen nie. Minister Aaron Motsoaledi het verlede week ‘n amptelike kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer dat ‘n standaard paspoort met 32 bladsye 600 Suid-Afrikaanse rand sal kos in plaas van 400 rand soos in 2011 bepaal is. ‘n Paspoort met 48 bladsye wat gewild is onder sakepersone, sal 1 200 rand kos. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê die nuwe tariewe word volgende maand van krag: