SA se nasionale ramptoestand met ‘n maand verleng

In Suid-Afrika het die Kabinet die nasionale ramptoestand met nog ‘n maand verleng en besluit die land bly eers op die aangepaste vlak 3-inperking. Minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, het dit vanmiddag aangekondig en bygevoeg dit bly tot 15 Okober van krag. Gungubele sê enige aankondigings deur President Cyril Ramaphosa oor moontlike veranderings aan die inperking sal afhang van die volgende vergadering van die nasionale koronavirus-bevelsraad.