SA se Mantashe beklemtoon post-apartheid pogings sedert 1994
Die buurland se minerale-minister, Gwede Mantashe, het tydens die staatsrede-debat gefokus op kritici van die regering se pogings om apartheid se nalatenskap in die mynbousektor aan te spreek. Hy het teenstanders herinner aan die diepgewortelde uitdagings wat van apartheid oorgeërf is, en 342 jaar van kolonisasie, Hendrik Verwoerd se visie vir ‘n blywende apartheid-stelsel, én 46 jaar van apartheidsregering uitgelig. Mantashe sê die regering was sedert die aanbreek van demokrasie in 1994, verbind tot transformasie, met die fokus op eienaarskap, bestuur en verkryging.