Amerikaanse Senaat keur reuse-pakket goed vir Oekraïne, Israel en Taiwan

Die Amerikaanse Senaat het ‘n hulppakket ter waarde van 1,79-duisend-miljard-rand vir Oekraïne, Israel en Taiwan goedgekeur. Die Demokraties-beheerde Senaat het met 72 teenoor 29 ten gunste van die pakket gestem toe 22 Republikeine saam met die Demokrate gestem het. Die wetgewing sal nou aan die Republikeins-beheerde Huis van Verteenwoordigers gestuur word. Reuters berig president Joe Biden het die Kongres maande lank aangemoedig om die nuwe hulp deur te haas, en het ook fondse vir humanitêre hulp in Gaza aangevra. Albei huise moet die wetgewing goedkeur voor Biden dit kan onderteken.