SA se Lloyd Harris kwalifiseer vir Aussie Ope

Tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika het deurgedring na die hooftrekking van die Australiese Ope toe hy sy derde kwalifiseringswedstryd gewen het. Hy het Hugo Gaston van Frankryk verslaan en kom môre in Melbourne in die eerste ronde te staan teen nog ‘n Fransman, Quentin Halys. Harris se beste Grand Slam-prestasie was in die Amerikaanse Ope van 2021 toe hy die kwarteindronde gehaal het.