SA se korrupte ondernemings moet op swartlys geplaas word

Die ANC-regering se rekenpligtige amptenare het in die parlement onder skoot gekom omdat hulle nie ondernemings wat korrup is of wat swak dienste lewer op die swartlys geplaas het nie. Die Nasionale Tesourie sê daar is tans 56 ondernemings en 87 direkteure op hul databasis gelys. Die adjunkminister van finansies, David Masondo, het die staande komitee oor openbare rekeninge hieroor ingelig en sê die databasis is belangrik om te onderskei tussen ondernemings wat regverdig sake doen met die staat en die wat kanse vat: