SA se hoë misdaadsyfer: Dis nie die stafregstelsel se skuld nie

Suid-Afrika worstel met hoë vlakke van misdaad maar, die justisieminister in die buurland, Ronald Lamola, het aantygings dat die strafregstelsel verantwoordelik is vir die hoë misdaadsyfer in die land betwis. Hy sê wetstoepassing is op die voorpunt om georganiseerde misdaad aan bande te lê. Lamola het ook die Nasionale Vervolgingsgesag geloof vir sy prestasie om gesteelde geld terug te kry en aan die staat terug te gee. Die minister het die regering se remissieprogram uitgesonder wat gemik is om die oorbevolking in tronke te bekamp en sê minder as een persent van gevangenes op parool pleeg weer misdade.