SA se hawens en logistieke netwerke is in ‘n krisis

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir vragversenders sê die land se kommersiële hawens en end-tot-end logistieke netwerk is tans in ʼn krisis. Transnet beraam dat agterstande en vertragings om vraghouers by sy belangrike hawe in Durban te deur te laat tot dusver tot verliese van 160 miljoen Suid-Afrikaanse rand gelei het. Sowat 71 000 vraghouers wag in die Durbanse hawe of aan die kus. Mike Walwyn van die vereniging sê alle ekonomiese rolspelers het ʼn gevestigde belang daarin dat kommersiële hawens ten volle funksioneel moet wees: