Gaza: Meer kinders as ooit tevore dood in konflik

Die Verenigde Nasies sê radarbeelde toon dat 50 persent van alle geboue in Gaza deur die oorlog verwoes is en 1,7 miljoen mense is ontheem. Die VN se noodverligting koördineerder Martin Griffiths voeg by dat uit die meer as 13 000 mense wat reeds dood is, is 68 persent vroue en kinders. Hy sê die agentskappe is reeds so lank betrokke in Gaza, dat mense hulle syfers kan vertrou.