SA se GBV-inbelsentrum stort ineen

Die DA sê hy veroordeel die ineenstorting van die geslagsgeweld-bevelsentrum wat sedert 2013 vele slagoffers gehelp het. Volgens berigte is die sentrum in Pretoria tans nie in bedryf nie weens ʼn kontraktuele geskil tussen die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en diensverskaffer Brilliant Telecommunication. Die departement het na bewering vyf maande lank nie die maatskappy se maandelikse fooi van 1,2 miljoen Suid-AFrikaanse rand betaal nie. ʼn DA-woordvoerder, Bridget Masango, sê die sentrum het reeds voor die geskil nie sy mandaat nagekom nie: