Nampol ondersoek gewelddadige polisievoorval op Otji

Die Otjozondjupa-polisie sê die ondersoek na ‘n vermeende aanranding en roof van ‘n lid van die publiek deur polisielede op Otjiwarongo word ondersoek. Beeldmateriaal van die insident, met ongeveer agt mans in polisiedrag, is wyd op sosiale media gedeel en die man is na die kleedkamers van die vulstasie geneem en daar aangerand. Volgens inspekteur Maureen Mbeha, woordvoerder van die polisie, ondersoek hulle op die oomblik of die mans wel polisielede is.