SA se ekonomie krimp met 1,5% in derde kwartaal

Suid-Afrika se ekonomie het in die derde kwartaal van vanjaar met 1,5 persent ingekrimp na vier opeenvolgende kwartale van groei. Dié kwartaal sluit die uitwerking van Julie se onrus in Gauteng en KwaZulu-Natal in. Statistieke Suid-Afrika het die syfers vandag vrygestel.