Dr. Graham Dickason, pa van vermoorde dogters, kuier in SA

Dr. Graham Dickason, pa van die drie dogters wat glo deur hul ma, Lauren, in Nieu-Seeland vermoor is, is terug in Suid-Afrika. Hy het foto’s op Facebook gedeel waar hy in die buitelug ontspan. Dis nie bekend wanneer hy terugkeer Nieu-Seeland nie. Lauren sal volgende week weer voor ‘n regter in die hooggeregshof in Christchurch verskyn.