SA se damvlakke vertoon redelik goed na goeie reënval

Terwyl Namibië se damvlakke power vertoon lyk dinge beter in Suid-Afrika. Die buurland se Departement van Water en Sanitasie sê damvlakke het geleidelik gestyg nadat swaar reën in dele van die land geval het. Die land se totale opgegaarde water is vandeesweek 91-persent teenoor verlede week se 89,9-persent. Die departement se waarnemende woordvoerder, Andile Tshon, sê die land se watervoorsieningstelsels het egter ʼn dalende neiging getoon ten spyte van die voortgaande reënval: