SA se beleggings val, huishoudings sukkel verder

Suid-Afrika se invloei van direkte buitelandse beleggings het in die tweede kwartaal van 2022 gedaal, terwyl huishoudings se skuldvlakke verder gestyg het en verbruikersbesteding verlangsaam het. Die buurland se sentrale bank het die syfers vandag bekend gemaak. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank het huishoudelike skuld as ‘n persentasie van nominale besteebare inkomste verder gestyg tot 64,6 persent vanaf 64,3 persent in die eerste kwartaal. Verbruikers in die buurland gaan nes Namibiese huishoudings, gebuk onder stygende inflasie gedryf deur verhoogde voedsel- en brandstofkoste en hoër rentekoerse wat besteebare inkomste beperk. Die buurland se bruto binnelandse produk het in die tweede kwartaal met 0,7 persent gekrimp.