Auchab sê daar is verskeie jeugdige lede by UDF wat leierskap kan oorneem

Die president van die United Democratic Front, Apius Auchab, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jeugdige lede van sy party wat hy voorberei om leierskap van die party oor te neem. Hy sê daar is goeie en sterk jongmense in die party wat op die oomblik opgelei word. Die aanmerkings kom na sy aankondiging dat daar wel ‘n kongres gehou sal word en dat hy gereed is om uit te tree.