SA se algemene infrastruktuur kan heeltemal ineenstort

Die risiko bestaan dat Suid-Afrika se algemene infrastruktuur heeltemal gaan ineenstort. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese het opgemerk die land het nie ingenieurs- en bestuursvaardighede doeltreffend aangewend om die inherente tekorte aan vermoë in die ontwikkelende land te oorbrug nie. Volgens die instituut se jongste infrastruktuurverslag is die behoorlike gebruik van data vir sinvolle beleidsontwikkeling nie op standaard nie. ‘n Professor by Wits, Sandile Swana, sê die toestand van paaie in die land is kommerwekkend.