SA sal nie stryd teen misdaad wen nie, daar’s te min polisie

Misdaadkenners maan Suid-Afrika se polisiediens voer ‘n verlore stryd teen misdaad, met net 150 000 lede vir ‘n bevolking van 62 miljoen mense. Dit is aansienlik minder as die meer as 2.7 miljoen geregistreerde werknemers van privaat sekerheidsmaatskappye in die land. Suid-Afrika het wêreldwyd een van die hoogste vlakke van geweldsmisdaad. Chad Thomas van IRS Forensic Investigations beklemtoon die behoefte dat die vaardigheidstekort moet aandag kry: