Namibiese vrou wat blykbaar dwelms smokkel, nog nie in hof in Addis nie

Plaaslike berigte bevestig dat die Namibiese vrou wat op 2 Januarie met kokaïen in Addis Abeba, Ethiopië gevang is, tot 15 dae moet wag voor sy in die hof verskyn. Die 27-jarige vrou, wie se identiteit reeds op sosiale media bekend gemaak is, is by die Bole Internasionale Lughawe vasgetrek met 4,7 kilogram van die dwelm. Sy was op pad na Lusaka, Zambië vanaf Sao Paulo in Brasilië. Daar word berig dat uit ongeveer 156 dwelm-beslagleggings vanuit Brasilië was 64 in Ethiopië verwag.