SA beplan gesprekke met 67 lande wat LGBTQ-mense as misdadigers beskou

Die Suid-Afrikaanse regering het bevestig hy sal voortgaan om nasionaal en internasionaal betrokke te raak by die morele en politieke behoefte om die regte van die LGBTQ-gemeenskap te respekteer. Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regte van lesbiese, gay, biseksuele, transgender, interseksuele, queer/onseker en a-seksuele mense is menseregte. Mashatile sê Suid-Afrika kan nie sy wil op ander lande afdwing nie, maar is bereid om in gesprek te tree met die 67 lande wat LGBTQ-mense as misdadigers beskou.