SA sakelui wil voordeel trek uit Brics-beraad

Suid-Afrikaanse sake-ondernemings wil graag die maksimum voordeel trek uit die land se posisie as voorsitter van die volgende Brics-spitsberaad. Die Suid-Afrikaanse tak van die Brics-besigheidsraad het ‘n indaba gereël om ‘n padkaart vir die land se voorsitterskap te ontwikkel. Die tak glo ‘n gemeenskaplike benadering moet tot voordeel van plaaslike ondernemings ontwikkel word. Die voorsitter, Busi Mabuza, sê die opdrag, met die tema Brics en Afrika, moet wedersydse voordelige groei, volhoubare ontwikkeling en inklusiewe multi-lateralisme versnel.