NamRA herinner belastingbetalers aan amnestieprogram

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se nuwe belasting-amnestieprogram sal belastingbetalers vanaf vandag tot 31 Oktober 2024 die kans gee om hul agterstallige skuld te betaal. Andersins word boetes en hoë rente in die gesig gestaar. Daar word berig dat die totale agterstallige belastingskuld aan NamRa meer as 69 miljard Namibiese dollar beloop, met die hersiene belasting-amnestieprogram wat na raming altesaam 53 miljard dollar teen Oktober 2024 sal afskryf. NamRA se strategiese kommunikasiehoof, Steven Ndorokaze, herinner Namibiërs aan die amnestie-program.