SA rybewyskaarte tot 31 Maart 2022 geldig

Die Paaie-owerheid van Namibië het in ‘n mediaverklaring owerhede ingelig dat die Suid-Afrikaanse vervoerminister die geldigheid van rybewyskaarte tot 31 Maart 2022 uitgestel het. Dit is weens die Covid-19-pandemie en volgens die rampbestuurswet. Hileni Fillemon, woordvoerder van die Paai-owerheid, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Suid-Afrikaanse houers van rybewyse hoef dus nie hul rybewyskaarte voor die uitsteldatum te hernu nie.