SA Rugby wil gasheer speel vir Nieu-Seeland wedstryd

SA Rugby het bevestig hy is bereid om die gasheer te wees vir die res van die Rugby Kampioenskap in Suid-Afrika nadat die Springbokke se wedstryde in Nieu-Seeland gekanselleer is. Die uitvoerende hoof, Jurie Roux, sê hulle het Sanzaar in kennis gestel hulle is gereed en wag net vir goedkeuring van die regering. Sanzaar het vroeër aangekondig volgende Saterdag se derde Bledisloe-bekerwedstryd tussen Nieu-Seeland en Australië in Perth is afgelas as gevolg van die jongste uitbreking van Covid-19 en strenger reismaatreëls. Suid-Afrika speel steeds môre teen in Gqeberha teen Argentinië.