SA Rugby trek uitnodiging aan Tel Aviv Heat terug

Rugby: SA Rugby het ‘n uitnodiging aan Tel Aviv Heat teruggetrek om aan die Mzansi Challenge deel te neem, na  vertoë van verskeie belangegroepe. Die Israeliese span sou van volgende maand af met vier ander internasionale spanne en ses Suid-Afrikaanse provinsies meeding. Die president van Saru, Mark Alexander, sê hulle wil nie hê die kompetisie moet ‘n bron van onenigheid word nie, nieteenstaande die feit dat Israel ‘n volle lid is van Wêreld-rugby en die Internasionale Olimpiese Komitee. Die Mexican Rhinos is benoem om Tel Aviv Heat te vervang.