SA: Reuse-agterstand by forensiese laboratoriums

In die buurland staan die DNS-agterstand by die hoofkwartier van die polisie se forensiese laboratoriums in Kaapstad tans op meer as 107 000 monsters wat getoets moet word. Die DA se Wes-Kaapse woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê dit het tydens ‘n oorsigbesoek aan die fasiliteit aan die lig gekom. Allen plaas die skuld vir die agterstand op swak administrasie en gebrek aan wil by die nasionale leierskap. Hy sê daar het niks gekom van die minister van polisie, Bheki Cele, se beloftes om die agterstand tot elke prys uit te wis nie.