SA: Restaurante gaan ly onder aandklokreël

Die Restaurant-vereniging van Suid-Afrika sê die aandklokreël ingevolge inperkingsvlak twee is ingewikkeld en sal bedryfskwessies veroorsaak. Die tyd is vervroeg tot saans 11 uur, wat beteken dat nie-noodsaaklike instellings soos restaurante, kroeë en fiksheidsentrums teen 10 uur saans moet sluit. Sommige vooruitskattings toon dat Covid-19 vanjaar tot 1,6 miljoen werksverliese in die buurland kan veroorsaak. Wendy Alberts van die vereniging sê hulle is bly dat die bedryf steeds kan sake doen.