SA Reserwebank verhoog rentekoers na 7,75%

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ekonomie en ontleders geskok met ‘n verhoging van 50 basispunte vir die rentekoers. ‘n Verhoging van 25 basispunte is verwag. Dit bring die repokoers op 7,75 persent te staan. Die prima rentekoers waarteen banke geld aan verbruikers en ondernemings uitleen, is verhoog tot 11,25 persent. Dit is die eerste keer in 14 jaar, sedert Mei 2009, dat die rentekoers 11 persent of meer beloop. Die koers is nou ‘n volle 150 basispunte hoër as voor die ramptoestand van die Covid-pandemie.