NSA en Namfisa deel finansiële sektor-data  

Die Namibië Statistieke-agentskap en die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor finansiële dienste data-uitruiling en ander gebiede van samewerking. Dit vestig die raamwerk vir samewerking wat sal verseker dat die twee organisasies finansiële sektor-statistieke sal bevorder met die ontwikkeling van nuwe metodes vir data-insameling, verwerking en aanbieding. Die finansiële syfers waarna verwys word, sluit data in van lang- en korttermyn-versekering, mediese versekering, lenings en voorskotte van nie-bank finansiële instellings en pensioenfondse. Korporatiewe kommunikasiebestuur van die agentskap, Iipumbu Sakaria deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…