SA repokoers met 0,25 persent verhoog

Die president van die Reserwebank in Suid-Afrika, Lestja Kganyago, het ‘n verhoging in die terugkoopkoers aangekondig. Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee het besluit om die koers met ‘n kwart persent tot 3,75 persent te verhoog. Dit tree môre in werking. Die koers het sedert Julie verlede jaar bestendig gebly. Kganyago sê die verhoging is te wyte aan ‘n styging inflasie-risiko’s.