SA regering ‘moet alle kleinskaalse vissers se veiligheid steun’

Saftu sê die Suid-Afrikaanse regering moet alle kleinskaalse vissers beskerm om aan al die regulasies vir veiligheid te voldoen. Elf mense is dood nadat die MFV Lepanto aan die Houtbaaise kus gesink het. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê die federasie is diep bekommerd oor die veiligheid van werkers ter see en vra ‘n indringende ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Maritieme Owerheid om die oorsaak van die tragiese ongeluk te bepaal.