SA regering kondig maatreëls aan om alternatiewe kragopwekking te verseker

Die Suid-Afrikaanse regering het oplossings ingestel om energie-sekerheid en die volgehoue lewensvatbaarheid van Eskom te verseker. Adjunkpresident David Mabuza het tydens die presidensie se begrotingsdebat gesê die regering sal steeds die inbedryfstelling van ʼn geloofwaardige en deursigtige instandhoudingsprogram vir Eskom steun, om te verseker dat kragopwekkingsaanlegte optimaal funksioneer. Volgens Mabuza is die mikpunt om die negatiewe uitwerking van kragonderbrekings te verminder en die land se vooruitsigte vir ekonomiese groei en ontwikkeling te versterk.