SA regering gaan aandag gee aan grondkwessie
Suid-Afrikaanse adjunk-president David Mabuza sê die grondkwessie bly beslis op die agenda vir die regering se hervormings-program. Mabuza het op die tweedaagse beraad oor Gemeenskaplike Grond-administrasie en -besit in Boksburg gepraat. Hy sê die land het kookpunt bereik oor die kwessie van grondhervorming. Mabuza voeg by die regering gaan sonder huiwering aandag gee aan die grondkwessie en alle grondwetlik-gemagtigde maatreëls en meganismes vir hervorming aanwend.