SA Raad op Geografiese Name kan nuwe lede kry

Die Suid-Afrikaanse Raad op Geografiese Name kan binnekort nuwe lede hê. Die raad het ‘n groot rol gespeel in onlangse naamsveranderings, soos Port Elizabeth wat Gqeberha geword het, en Brandfort in die Vrystaat wat na Winnie Mandela vernoem is. Die departement sport, kuns en kultuur ontvang die name van voorgestelde lede en minister Nathi Mthethwa sal die finale besluit neem. Die raad kan tot 25 lede hê. Benoemings sluit op 30 September.