SA Poskantoor wil chroniese medisyne versprei

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het vandag sy besluit verdedig om poskantore te gebruik om chroniese medikasie aan inwoners te versprei. Dit, nadat die departement kritiek ontvang het dat poskantore nie weet hoe om medikasie veilig te hou nie. Daar was ook bekommernis uitgespreek dat daar met die medisyne gepeuter sal word. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, het meer inligting.