Ongwediva-raadslid tot voorsitter van Oshana-streeksraad verkies

Ongwediva-raadslid Andreas Uutoni is genomineer en verkies as die nuwe voorsitter van die Oshana-streeksraad. Die verkiesing spruit uit die heengaan van raadslid Hannu Kapenda wat in Desember 2022 oorlede is. Dit is gedoen tydens die eerste spesiale raadsvergadering, sê die Oshana-streek se skakelbeampte, Elly Ashikoto, aan Kosmos 94.1 Nuus.