SA Poskantoor sal 6 000 afdank

ʼn Sakereddingsplan om die Suid-Afrikaanse Poskantoor te herstruktureer, is deur die staatsonderneming se krediteure goedgekeur. Dit beteken 6 000 werkers sal afgelê word terwyl sowat 420 takke wat nie ʼn wins toon nie, gesluit word. Die plan sal oor twee tot vyf jaar in twee fases ingestel word. Die reddingsplan wat verlede maand die eerste keer deur die gesamentlike sakereddings-praktisyns Anoosh Rooplal en Juanito Damons gepubliseer is, hang af van ʼn nuwe reddingsboei van 3,8 miljard Suid-Afrikaanse rand van die staat. Die praktisyns hoop om jaarliks ongeveer 1,2 miljard rand te spaar deur werkers af te dank.