SA Poskantoor: 130 takke sluit

Die DA het die aankondiging van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se uitvoerende hoof, Nomkhitha Mona, gekritiseer dat 130 takke binnekort gaan sluit. Die party sê dit kan moontlik die uitbetaling van maatskaplike toelaes bedreig. Die skaduminister vir maatskaplike ontwikkeling, Bridget Masango, wil weet watter gebeurlikheidsplanne gereed is vir ontvangers van toelaes wat deur die sluiting geraak word.