Marikana-verhoor hervat in Julie

Die Marikana-verhoor sal in Julie in die Noordwes Hooggeregshof in Mahikeng hervat word, nadat die verdediging nie gereed was om ‘n staatsgetuie te ondervra nie. Ses polisielede, onder wie die voormalige provinsiale adjunk-polisiekommissaris, William Mpembe, word beskuldig van die moord op drie mynwerkers en twee polisiebeamptes in Augustus 2012. Dit het plaasgevind in aanloop tot die moord op tientalle stakende mynwerkers deur die polisie. Volgens berigte sal die verdediging met die hervatting van die verhoor konsentreer op studiemateriaal wat gebruik word om openbare orde-polisielede op te lei.