SA polisieminister: Veiligheid van vroue en kinders ‘n prioriteit die feesseisoen

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het ‘n beroep op beamptes gedoen om oor die feestyd veral vir die veiligheid van vroue en kinders te sorg. Hy het Thohoyandou in Limpopo besoek waar die naashoogste getal verkragtings in die land tussen Julie en September vanjaar gepleeg is. Die besoek aan Limpopo maak deel uit van die jaarlikse Veiliger Feesseisoen Ondersoek-toer. Cele het benadruk beamptes moet nie die polisiediens in die skande steek deur slagoffers van geslagsgeweld aan swak diens te onderwerp nie.