SA polisieminister sê hulle werk aan DNS-agterstand

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê hulle gee aandag aan die kwessie van DNS-agterstande by die Nasionale Forensiese Wetenskap-laboratorium. Cele het in KwaZulu-Natal aan die media gesê ‘n regerings-inligtingstegnologie-maatskappy is aangestel om monsters na te spoor met ‘n nuwe digitale stelsel wat 7 000 tot 8 000 monsters per week kan hanteer.