SA polisieminister lei misdaadbekampings-imbozo

Die Suid-Afrikaanse ministerie van polisie lei môre ‘n ministeriële misdaadbekampings-imbizo in Krugersdorp, Gauteng, om aandag te gee aan onwettige mynbedrywighede en misdaad. Dit is dieselfde omgewing waar agt jong vroue verlede week die slagoffers van ‘n groepsverkragting was. Die polisie het meer as 80 onwettige mynwerkers gearresteer, wat reeds in die hof verskyn het. DNS-verslae is nog nie beskikbaar nie. Die ministerie se woordvoerder, Lirandzu Themba, sê die tweede deel van die imbizo sal Sondag in Kagiso plaasvind.