SA Polisie sit R62 miljoen opsy vir DNS-agterstand

Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, sê sy departement het 62 miljoen rand opsy gesit vir oortyd-betalings om die agterstand met DNS-bewysmonsters te verminder. Cele sê hulle het bykomende personeel by die grootste Nasionale Forensiese Wetenskaplaboratorium in Kaapstad aangestel. Hy meen die agterstand sal na verwagting binne ses maande voltooi wees in vergelyking met die 18 maande wat vroeër verwag is.