Kongolese ontsnapte is nog steeds soek

Die Namibiese polisie in die Erongo-streek het bevestig die Kongolese vlugteling en vermeende dwelmsmokkelaar, die 32-jarige Gilbert Kalenga is steeds op vrye voet is nadat hy Maandagaand uit die Swakopmund-aanhoudingselle ontsnap het. Kalenga van die Osire-vlugtelingskamp was in aanhouding vir die onwettige handel van dagga ter waarde van 1,35 miljoen Namibiese dollar. Hy het glo die diefwering van die kombuisvenster van die aanhoudingselle afgesny en ontsnap. Die Erongo-polisie vermoed hy het na Otjiwarongo of Windhoek gevlug. Adjunk-offisier Ileni Shapumba vra die hulp van die publiek om die verdagte te help opspoor.