SA plunderaars met gesteelde Samsung TV’s gefnuik

Vir Suid-Afrikaanse plunderaars wat dink hulle het weggekom met ’n winskopie deur een van die vele Samsung-TV’s in die hande te kry wat gedurende die onlangse onluste in KwaZuluNatal en Gauteng gesteel is, is daar slegte nuus. Alle Samsung-TV’s het ’n ingeboude blokkeerstelsel bekend as TV Block wat per afstandbeheerder geaktiveer kan word. Dis reeds op 11 Julie geaktiveer op alle Samsungtelevisiestelle wat uit die maatskappy se Cato Ridge-verspreidingsentrum in KwaZulu-Natal gesteel is, sê Mike van Lier, direkteur van verbruikerselektronika van Samsung SuidAfrika. TV Block is spesifiek daarop gemik om televisies onbruikbaar te maak as hulle onwettig bekom is. Dit verseker dat hulle slegs deur die regmatige eienaars met ’n geldige koopbewys gebruik kan word.