SA-persklub vra ANC-regering om veiligheid van media te waarborg

Die Nasionale Persklub doen ‘n beroep op die ANC-regering om te verseker die Suid-Afrikaanse mediabedryf kan sy werk doen sonder teistering, vrees, mishandeling of intimidasie. Teen die agtergrond van Wêreld Persvryheidsdag wat vandag gevier word, sê die voorsitter van die Nasionale Persklub, Antoinette Slabbert, die media speel ‘n kritieke rol om misbruik en korrupsie aan die kaak te stel en om te verseker dat ‘n stem aan die stemloses gegee word. Slabbert noem die media ‘n kritieke pilaar van die land se demokrasie en waarsku dit moet vurig beskerm word: